Hier in die hartjie van die Hoëveld is ‘n skool met die leuse:
“Wees die verskil!”
Ons word so maklik ingeslurp in al die negatiwiteit rondom ons. Staan op, oë gerig na Bo en Wees die Verskil! Laat ons as kinders, personeel en ouers se positiewe gesindheid uitkring in die gemeenskap.
To Teach is to touch a life forever!”
Dit beteken dat ELKE kind die geleentheid gebied word om in totaliteit te ontwikkel. Waardes, akademie, sport, kultuur, tradisie en dissipline is ‘n integrale deel van ons dagtaak. U as ouer verwag dat ons u kosbaarste besitting (u kind) sal koester, opvoed en gereedmaak vir die lewe. As personeel besef ons hoe belangrik ons beroep is.
“If we teach TODAY as we taught YESTERDAY, we rob our children of TOMORROW”.
Ons roem ons op ons AKADEMIE. Met ‘n span hoogs toegewyde, entoesiastiese en gekwalifiseerde personeel verseker ons dat u kind net die beste kry. Interaktiewe borde met 24 uur internetkonneksie in die klas, verseker dat ons leerders die beste onderrig ontvang.
Verder glo ons dat ‘n netjiese terrein, skoon badkamers, kleurvolle klaskamers en netjiese skooldrag die kind sal lei tot EIE TROTS.
Die skool is my passie! Kom word deel van ons gesin!
Kom besoek ons gerus en geniet ‘n heerlike koppie boeretroos saam met ons.
HM Swart groete
CHARLES PENTZ
Hoof