Tina Cowley Leessentrum

Tania Viljoen: Franchisee


Laerskool HM Swart

Bethal





Tania Viljoen

Sel: 082 809 6131


webtuiste: www.tinacowley.co.za





Laerskool H M SWART spog met ‘n volledig toegeruste en operasionele Tina Cowley Leessentrum.  Die sentrum word voltyds deur twee terapeute gediens.  Dr. Tina Cowley is die voorloper van nuwe tegnologie en wetenskap in lees.  Elke jaar word navorsing gedoen en nuwe tegnieke toegepas om studente optimaal te stimuleer.


Ons doen ‘n wetenskaplike toets van u kind se lees;  daarom weet ons hoe om die probleem aan te spreek.

Ons is ook die trotse eienaars van ‘n Smartboard waarmee die volgende aspekte aangespreek word:


·        Handelterapie

·        Lagterapie

·        Oogkinetika

·        Perseptuele vaardighede

·        Ruimtelike oriëntasie

·        Vormwaarneming

·        Opeenvolging

·        Ouditief


Wetenskaplik word gewerk aan lees, leesspoed, taalleer, spelling, woordeskap, konstruksie en begrip.  U ontvang elke einde van die kwartaal ‘n vorderingsverslag.


Ons bied ook studiekursusse aan volgens u kind se breindominansie.  Ons is ook “NBI Solutions Whole-Brain Practitioners”.  Dit stel ons in staat om jou kind te leer om probleme te oorkom en die beste van sy/haar leersituasie te maak.