WELKOM  &  DANKIE DAT U BY HMS SE WEBBLAD INSKAKEL.



Hier in die hartjie van die Hoëveld is ‘n skool met die leuse:


“Klein genoeg vir jou, GROOT genoeg vir jou drome!”


Hierdie leuse beteken dat ELKE kind die geleenheid gebied word om in totaliteit te ontwikkel.  Waardes, akademie, sport, kultuur, tradisie en dissipline is ‘n integrale deel van ons dagtaak.  U as ouer verwag dat ons u kosbaarste besitting (u kind) sal koester, opvoed en gereedmaak vir die lewe.  As personeel besef ons hoe belangrik ons beroep is.

  

To teach is to touch a life forever!!!


Ons roem ons op ons AKADEMIE.  Met ‘n span hoogs toegewyde, entoesiastiese en gekwalifiseerde personeel verseker ons dat u kind net die beste kry. Interaktiewe borde met 24 uur internetkonneksie in die klas, verseker ons dat leerders die beste onderrig ontvang.

 

“If we teach TODAY as we tought YESTERDAY, we rob our children of TOMORROW”


Verder glo ons dat ‘n netjies terrein, skoon badkamers, kleurvolle klaskamers en netjies skooldrag die kind sal lei tot EIE TROTS.


Die skool is my passie!!! Kom word deel van ons gesin.


Kom besoek ons gerus en geniet ’n heerlike koppie boeretroos saam met ons.


HM Swart groete


CHARLES PENTZ

Hoof