Laerskool H M Swart is in 2011 gekies om as loodsskool ‘n eLearning-projek van die grond af te kry.
Deur middel van reuse borgskappe vanaf Xtrata Coal, het die projek vinnig momentum gekry:
Interaktiewe Smartborde, ADSL internet-konneksie en ‘n uitsaaitoring is in Augustus 2011 geïnstalleer. Personeel is goed toegerus en ontvang opleiding & lesings en woon gereeld werkswinkels by.
Personeel, leerders en ouers is baie opgewonde en daar gaan daagliks nuwe wêrelde oop t.o.v. tegnologie. Deur middel van kleur, klank, demonstrasies en 24 uur-aanlyn internet, beweeg ons weg van bordkryt en hou tred met die moderne wêreld!
Al die klasse het borde. Dié sisteem vergelyk met van die beste privaatskole in die land en is werklik iets besonders vir elke leerder.
Opregte dank aan die borge, asook elke individu vir hul insette en harde werk!