Ons Skoolwapen
Ons Skoollied
Geskiedenis van ons Skool
Woorde van skoollied:
Waar Hoëveld se bloue lug
‘n Tent van seën span
waar ‘n trekkerboer se hand gedug
sy goue mielies wan.
Daar staan ons skool en waai ons vlag
juweel teen ons hemel blou
stralend sy goud in ons werk en spel getrou
Bethal, Trap vas!
Laerskool H.M. Swart het sy ontstaan in 1909 gehad. Op 8 September 1909 was die leerlingtal 156 leerlinge.
Die skool was aanvanklik ‘n gekombineerde skool. In April 1918 word Bethal Hogere School geopen. Lagere Skool Bethal het toe ‘n volwaardige laerskool geword. Op 12 Oktober 1945 is die huidige geboue amptelik in gebruik geneem. Met die viering van die lentefees op 3 September 1948 is bekendgemaak dat die skool voortaan bekend sal staan as H.M. Swart skool, as eerbewys aan die skoolhoof, Mnr. H.M. Swart.
In 2021 is daar nagenoeg 600 leerlinge in die skool.