By HM Swart kom akademie eerste, tweede en derde.
Die kern van ons dagtaak is om te verseker dat elke leerder die beste moontlike onderrig ontvang.
Alle vakke word vanuit ‘n Christelike grondslag aangebied.
Ons is ‘n parallelmedium skool. Dit beteken dat leerders wie se onderrigtaal Afrikaans is, in Afrikaans onderrig word. Leerders wie se onderrigtaal Engels is word dus in Engels onderrig. Geen klasse word gekombineer nie.
Interaktiewe borde (24 uur Internet gekoppel) verseker hoogstaande akademie.
Vakke aangebied:
Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap en Tegnologie, Sosiale Wetenskap, Lewensvaardigheid, Kuns en Kultuur asook Ekonomiese- en Bestuurswetenskap.